Ons was Cyprus toe vir 2 weke (21 April tot 5 Mei). Dit was my lekkerste vakansie ooit! Ek beveel Cyprus aan vir enige iemand. Dit is nie te duur nie, en daar is iets vir almal. Daar is natuur, shops, kids stuff, en sommer ook net rustigheid. Die mense is vriendelik. Crime is laag. En mens kan jou Coke by MacDonalds ruil vir 'n bier .... wat meer wil mens hê!
Hier is 'n paar van die foto's, met 'n kort beskrywing by elk. Die text is Hendrik se telegram styl. Irene sal later langer en vol sinne byvoeg. :-)
Die foto's neem heelwat tyd om af te laai. Die meeste fotos is so 15Kb groot. Wees maar geduldig....
In kontras met Qatar, is daar berge, bome, gras en groen:
Uitsig oor Kato Paphos. Wingerde in die voorgrond.
Hierdie is die uisig wat ons vanuit ons
kamer in Paphos gehad het. Ons het in die "Helios Bay"
hotel gebly.
Agios
Georgios van buite. Dis naby ons hotel in Paphos.
'n pragtige foto wat Irene van die dak
binne Agios Georgios geneem het. Al die mure en die dak is
beskilder.
Een van ons vele lekker etes in Paphos. Hierdie een is die restaurant net langs Helios Bay hotel:
Before:and After
Oor die algemeen is die kos heerlik, en bekostigbaar. Mens se gewig kom egter tweede.
In Paphos, is daar ou ruïnes van die
"Byzantine Castle". Hierdie boog van klip staan nog!
Die
huis van "Aion en Theseus" - Hier is mosaiek op die
vloer. Dis BAIE groot. Die hele ou huis se vloere lyk so. Hierdie
paneel is omtrent 5m x 3m groot.
By die "Cockatoo Bar", het ons gaan 10-pin bowling speel.
en die kinders het
dit vreeslik geniet.
Irene by een van die tombs
Die Tombs of the Kings is
'n stad wat uit klip in die berg gekap is. Daar is huise met baie
slaapkamers, trappe, en selfs dubbel verdipeings.
Hier
is Hendrik, Francois en Brigitte besig om uit te stap by een van
die boonste "deure".
Noord van Paphos is die Akamas peninsula. Dis nog
ongerepte natuur, en mens het 'n 4x4 nodig...
veral nadat dit gereen het. Van die
modder poele was so diep dat die water oor die enjinkap geloop
het as ons daar deur ry.
Ons het na die "turtle hatchery" gaan kyk, maar dit was nie die tyd van die jaar vir skilpaaie nie. Toe eet ons maar ....
Heel in die noorde van Cyprus is Polis. Die agtergrond wat op hierdie web bladsy gebruik word, is 'n foto van die see naby Aphrodite se bad. Dis pragtig skoon, met 'n klipperige bodem.
Hier is poppies wat so langs die pad groei. Dis
oppad van Paphos na Polis.
Rondom
hierdie kerkie groei Magrietjies. Die plaaslike mense noem hulle
"Margaritas".
Gitte en Francois by "Aphrodite"
se bad. Dit was 'n entjie se stap soontoe. Gitte het met haar
hande in die modder gevat, en daarom lyk sy so vies.
Hierdie foto het Francois self geneem. Dis op die
strand in Polis by die hotel: Aphrodite Beach Hotel.
Ook in
Polis, sit Irene en cocktails drink op die gras langs die strand.
Heerlik!
Ons eet
lukwarte (wat volop voorkom). Dis op die stoep van die hotel se
restaurant.
In Polis se "midde stad" is die strate nog
middel eeus smal, en die straat is nou toe onder stoele en tafels.
Oppad tussen Polis en die berge is Skoulli. In Skoulli is daar 'n reptiel uitstalling van al Cyprus se reptiele.
Die slange wat
die kinders vashou, is glad nie skadelik nie.
Ons het die "alternatiewe
roete" van Polis af na die berge geneem. Die boek het gesê
dis ietwat "adventurous" - en glo my dit was! Ons het 'n
hele dag gery aan omtrend 100km. In die hele dag
was die kar se stuurwiel nie meer as 10 minute reguit nie - die
paaie is baie skerp en kronkelrig.
Diep in die berge, by een van die spruite, vind ons toe hierdie telefoon...
Vir die GPS fanatics:
N 34 grade 56.254'
E 32 grade 40.615'
Na droewige paaie en die 4x4 in Low-Gear, het ons
die Kaledonia waterval gekry.
Ons
bestemming vir die dag was eintlyk die Kykkos kerk. Die kerk is
beskilder met verskillende verhale uit die Bybel.
Na Kykkos,
is ons Troodos toe. Bo op die berg het ons 'n heerlike ete geniet.
Ons kon nie in Troodos plek
kry om te slaap nie want die enigste hotel se eienaar is oorlede,
en hulle was gesluit vir 3 dae van rou. Ons het toe in Platres in
die Edelweiss hotel plek gekry.
Ons het van die berge af beplan om Limassol toe te gaan en daarna verder oos te trek, maar die moegheid het ons gevang, en Limassol is so nice, dat ons nooit verder gekom het nie....
Francois en Gitte val om van
moegheid in die Pigeon Beach Hotel. Dit was letterlik die eerste
hotel waar ons gaan vra het vir plek, en ons het dit baie
goedkoop ook gekry.
Op die strand kan Hendrik en Irene sit en cocktails
drink terwyl die kinders in die parkie speel...
Ons
was Wet&Wild
toe. Dis 'n waterpark met Super tubes, en 'n Wave Pool. Hier
speel Gitte en Hendrik in die golwe.
Oppad lughawe toe op die laaste dag, is ons Lefkara
toe. Dis wêreld bekend vir die Lace. Hierdie is die winkel waar
ons van die kantwerk gekoop het. Die eienaar wys mens hoe hy dit
maak, en vertel ook die geskiedenis van die kuns.
Laastens, hier is 'n file met al die GPS inligting op. Gebruik MapSource.
Created: 9 June 2000